FREE courier delivery on orders of R500 and more (normal courier fee R95 per order).

  • Kies jou eie avontuur: Geheime op die bodem

Geskryf deur Corlie Putter | Voorblad-illustrasie deur Alex van Houwelingen | 


Hierdie boeke is nie soos ander boeke wat jy al gelees het nie. Jy kan dit nie van voor tot agter deurlees nie! Aan die einde van elke bladsy moet jy, die leser, 'n keuse maak, wat bepaal wat volgende gaan gebeur. Jy kan die boek oor en oor lees – daar is meer as 40 verskillende eindes!

In GEHEIME OP DIE BODEM is jy die luitenant op 'n duikboot. Jy en die berugte Kaptein Swart moet gaan ondersoek instel toe daar vreemde aktiwiteite op die seebodem aangemeld word. Daar is slegs genoeg suurstof om julle vir twee ure aan die lewe te hou. Behalwe 'n vreemde onderwatergrot, gevaarlike seediere en mans in swart duikpakke, begin jy boonop die gevoel kry dat Kaptein Swart nie is wie hy voorgee om te wees nie. Jy sal alles in jou vermoë moet doen om te keer dat die projek in die verkeerde hande beland. En jy moet te alle tye probeer om … AAN DIE LEWE TE BLY!

Wees gewaarsku. Die avontuur is gevaarlik! Kies versigtig...



Write a review

Please login or register to review

Kies jou eie avontuur: Geheime op die bodem

  • Brands Anna Emm
  • Product Code: Kies jou eie avontuur: Geheime op die bodem
  • Availability: In Stock
  • R135.00

  • Ex Tax: R117.39

Tags: Kies jou eie avontuur: Geheime op die bodem, Corlie Putter